Wie is ons?

Hoekom hierdie webblad?
Hierdie webblad is begin deur André en Marianne van Zyl. Ons albei is mense wat nogal nuuskierig is en graag vrae vra oor God, geloof en die lewe in die algemeen. Ons glo dat mens maar enige vraag mag vra en dat mens maar oor enigiets mag wonder en gesels. Soos wat ons self al oor baie dinge gewonder en gelees het het ons ontdek dat Bybelse Christenskap regtig waar is, en dat dit ook die beste manier is om sin te maak van die wêreld om ons. Dikwels loop mense rond met ‘n vraag in hulle kop waarop daar eintlik fantastiese antwoorde vanuit die Christelike geloof is, as hulle dit net wil vra! Hierdie webblad is bedoel om ‘n plek te wees waar jong (wat jy ookal dink is jonk!) Afrikaanse mense hulle vrae kan vrae. Ons sal probeer om vir jou ‘n deurdagte, eerlike en Bybelse opinie te gee oor enigiets waaroor jy wil gesels.

Waar kom die vrae vandaan?
Die meeste vrae op hierdie webblad is vrae wat ons gehoor het by tieners op kampe of by ons kerk (as jy amper klaar is met skool, gaan kyk by www.skolliekampe.org.za vir die kamp van jou lewe!). Sommige van die vrae se bewoording het ons effens aangepas om dit duideliker te maak, maar die meeste vrae het ons net so afgeskryf van papiertjies wat in ‘n vraebus gegooi is. Ons hoop dat ons mettertyd nuwe vrae sal kan bysit soos wat mense die webblad besoek en ons kontak met nog vrae.

Wie werk saam met ons?
Ons is verbind aan AntWoord bediening (www.antwoord.org.za), waar André al vir baie jare betrokke is. Ons het hierdie webblad apart van die AntWoord webblad begin omdat ons iets wou doen wat spesifiek vir tieners bedoel is.

Wie skryf die artikels op hierdie webblad?
Die volgende mense werk saam om die artikels op hierdie webblad te skryf.
André van Zyl: André werk by die Universiteit van Johannesburg, en is van nature en van roeping ‘n onderwyser. Hy is al sedert 2004 betrokke by AntWoord bediening, ‘n bediening wat poog om Christelike antwoorde op eerlike vrae te gee. Hy skryf soms artikels vir AntWoord en hy doen ook soms praatjies by kerke of ander groepe.
Marianne van Zyl: Marianne is ‘n oudioloog wat deeltyds betrokke is by navorsing by die Universiteit van Pretoria. Die meeste van die tyd is sy net ‘n mamma, maar sy stel ook belang in geloofsvrae en gesels graag met tieners oor hulle vrae en probleme.
Herman Carstens: Herman is ‘n ingenieur wat werk by die Universiteit van Pretoria. Hy is ook al vir baie jare betrokke by bedienings wat met mense se geloofsvrae werk. Gaan kyk gerus na sy eie webblad by www.standard-deviations.com.

One thought on “Wie is ons?

  • May 24, 2016 at 1:51 pm
    Permalink

    Baie dankie vir hierdie artikels. Ek is self in bediening en daar is ‘n groot behoefte vir antwoorde onder studente, tieners ens.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>